Met ouderdom kom baie dinge. Onder andere: aanvaarding. Wat ‘n bevrydende gevoel!
Aanvaarding van wie jy is, en wie jy nooit gaan wees nie.
Aanvaarding van hoe jy lyk (tensy daar iets is wat pla wat jy wel iets aan kan doen).
’n Gemaklikheid van in jou eie vel wees.
‘n Liefde vir jouself.
‘n Vrede dat daar iemand gaan wees, eendag, wat van jou gaan hou PRESIES soos jy is. Dat hulle gaan dink daai ekstra vetrolletjie gee ekstra vatplek of die hare op jou tone is oulik. Of dat jou intense behoefte om alles in die yskas te minimaliseer, waardevol is. (Dis wel ‘n denkpatroon waaraan jy jouself gereeld moet herhinner J).
Daar kom ook ‘n rustigheid van net in jou eie geselskap wees. En nie voel asof jy ‘n loser is wat alleen tuis is nie en omdat dit jou keuse was nie!
Mens sal seker altyd nog omgee wat ander mense van jou dink. Maar dit wat regtig vir jou saak maak of belangrik is, sal jy nastreef, nevermind wat ander mense se of dink nie.