Saturday, 8 October 2011

Geluk

Geluk is darem 'n wonderlike gevoel :-). Een van die bestes.

Ek voel die laaste paar dae so super gelukkig. Als laat my glimlag in my hart.
Ek is mal oor my werk. Ek is mal oor my vriende. Ek is mal oor my huisie en die omgewing waarin ek bly.

Ek voel so geseend. En soms kom mens eers agter hoeveel jy werklik het om oor gelukkig te wees, as jy eers hoor wat ander mense ongelukkig maak. Ons aanvaar soveel goed as vanselfsprekend.

Mens moet meer stil sit en dink oor goete. Dit gee mens net meer perspektief. Maar o wee, die brein is maar lui om te dink as dit nie werklik nodig is en betaal word nie. Ek dink baie oor goed (blykbaar meer as die gemiddelde mens maar hoe weet mens dit tog nou regtig?). Vroegoggende terwyl ek nog in die bed le is prima dink tyd vir my. Maar dan dink ek nie oor konstruktiewe dinge nie. Gedagtes spoel net oor my en herhaal hulle self. Dinge wat al gebeur het of wat in die nabye toekoms veronderstel is om te gebeur. Ek wil eerder oor iets spesifiek dink en met myself daaroor redeneer.

Ek gaan dit my mission maak vir die week. Dit werk ook (vir my) om daaroor t skryf. Dan bly my gedagtes makliker in die regte rigting. ;-)

Wednesday, 28 September 2011

Viagra grappies

Oe, ek het heerlik gelag vandag :-D

'n Oom se Viagra en 'n tannie se Tippex raak deurmekaar. Nou word die oom elke oggend met 'n korreksie wakker. :-)

Daar het 'n vrag Viagra in die Kaapse waters uitgestort - nou kry mens nie meer 'n pap snoek te koop nie. Daar het ook 'n paar seekatte uitgespoel - hulle pote is stokstyf en lyk soos bar stoeltjies :-)

Saturday, 24 September 2011

Bevryding

Met ouderdom kom baie dinge. Onder andere: aanvaarding. Wat ‘n bevrydende gevoel!

Aanvaarding van wie jy is, en wie jy nooit gaan wees nie.

 Aanvaarding van hoe jy lyk (tensy daar iets is wat pla wat jy wel iets aan kan doen).

’n Gemaklikheid van in jou eie vel wees.

‘n Liefde vir jouself.

‘n Vrede dat daar iemand gaan wees, eendag, wat van jou gaan hou PRESIES soos jy is. Dat hulle gaan dink daai ekstra vetrolletjie gee ekstra vatplek of die hare op jou tone is oulik. Of dat jou intense behoefte om alles in die yskas te minimaliseer, waardevol is. (Dis wel ‘n denkpatroon waaraan jy jouself gereeld moet herhinner J).

Daar kom ook ‘n rustigheid van net in jou eie geselskap wees. En nie voel asof jy ‘n loser is wat alleen tuis is nie en omdat dit jou keuse was nie!

Mens sal seker altyd nog omgee wat ander mense van jou dink. Maar dit wat regtig vir jou saak maak of belangrik is, sal jy nastreef, nevermind wat ander mense se of dink nie.

Wednesday, 21 September 2011

Things that made me smile today...

Ek het 2 outjies, op hierdie helder sonskyndag, in die hartjie van Somerset Wes, gesien op skaatsplanke. Hare spierwit geperokside, surfboard onder die arm. Duidelik oppad see toe. Maar teen 'n lui lekker tempo. The world is their oyster. <sug>

Friday, 15 July 2011

Forgive your enemies. They'll find it extremely annoying.

Wednesday, 27 April 2011

Sneeu!

Daar is sneeu op Lourensford se berge! Okay, okay, die Hottentots Holland berge... Seker nie ons s'n nie ;-). Alles voel vir my vandag asof dit in groot kontras met mekaar is. Die sneeu is so pragtig maar maak als super koud...
Dis asof die aarde nuwe krag gekry het na die reën. Alles voel so 'vibrant'. Daar is duisende voëltjies wat kwetter. 'n Visarend het laag oor my gevlieg. En ek het selfs 'n houtkapper (en HOE COOL is die online voëlboek nie????) http://www.birdlife.org.za/fieldguide/book/species_info.php?id=207 gesien.

Tuesday, 26 April 2011

Bird in Flight

Holding on,
so damn tight,
our love is like,
it's like a bird in flight
the tighter you grip,
the looser it slips,
our love is like,
like a bird in flight...
- Parlotones