Daar is sneeu op Lourensford se berge! Okay, okay, die Hottentots Holland berge... Seker nie ons s'n nie ;-). Alles voel vir my vandag asof dit in groot kontras met mekaar is. Die sneeu is so pragtig maar maak als super koud...
Dis asof die aarde nuwe krag gekry het na die reën. Alles voel so 'vibrant'. Daar is duisende voëltjies wat kwetter. 'n Visarend het laag oor my gevlieg. En ek het selfs 'n houtkapper (en HOE COOL is die online voëlboek nie????) http://www.birdlife.org.za/fieldguide/book/species_info.php?id=207 gesien.
No comments:
Post a Comment