Saturday, 8 October 2011

Geluk

Geluk is darem 'n wonderlike gevoel :-). Een van die bestes.

Ek voel die laaste paar dae so super gelukkig. Als laat my glimlag in my hart.
Ek is mal oor my werk. Ek is mal oor my vriende. Ek is mal oor my huisie en die omgewing waarin ek bly.

Ek voel so geseend. En soms kom mens eers agter hoeveel jy werklik het om oor gelukkig te wees, as jy eers hoor wat ander mense ongelukkig maak. Ons aanvaar soveel goed as vanselfsprekend.

Mens moet meer stil sit en dink oor goete. Dit gee mens net meer perspektief. Maar o wee, die brein is maar lui om te dink as dit nie werklik nodig is en betaal word nie. Ek dink baie oor goed (blykbaar meer as die gemiddelde mens maar hoe weet mens dit tog nou regtig?). Vroegoggende terwyl ek nog in die bed le is prima dink tyd vir my. Maar dan dink ek nie oor konstruktiewe dinge nie. Gedagtes spoel net oor my en herhaal hulle self. Dinge wat al gebeur het of wat in die nabye toekoms veronderstel is om te gebeur. Ek wil eerder oor iets spesifiek dink en met myself daaroor redeneer.

Ek gaan dit my mission maak vir die week. Dit werk ook (vir my) om daaroor t skryf. Dan bly my gedagtes makliker in die regte rigting. ;-)

1 comment: